geloftedag.co.za

Artikels

Toesprake

Laas Opdateer op Woensdag, 10 Desember 2014 08:06

Ditsem nuus se Geloftefees Kalender

BY: Administrator

Ditsem nuus se Geloftefees Kalender vir 2014 is hier beskikbaar :

ditsem Nuus Geloftefees Kalender 2014
 
Artikels

Toesprake

Laas Opdateer op Dinsdag, 17 Desember 2013 08:02

Betekenis van Gelofte fees herdenkings

BY: Administrator

Wonderboom Pretoria Geloftefees - 16/12/2013 - Tjaart van der Merwe

Ter inleiding :

Geloftefees herdenkings is uniek aan die Afrikaner geskiedenis. Nie een van die ander volkere se feeste het so deurslag gewende en vormende rol gespeel in ‘n volk se vorming en visie nie.

Die ontstaan van die Gelofte en die selfopgelegde taak om dit so ook aan die nageslag oor te dra het talle male al in ons volk se geskiedenis die rol gespeel van ‘n genadige, vertroostende en moedgewende dag.  Die dag het dan ook ontwikkel in ‘n dag vol van Afrikaner tradisie waarin die Afrikaner homself kon vind en weer aan mede geloofsgenote herverbind tot die geloof in die Drie-Enige God.

Met reg kan ons Geloftedag as die Afrikaner se verjaardag sien. ‘n Dag waarop ons kan stilstaan en kyk oor die 175 jaar wat ons reeds bestaan en daardeur, net soos van te vore,  ons visie kan herbevestig vir die dag van more.

Nuus

Jongste Nuus

Laas Opdateer op Dinsdag, 17 Desember 2013 08:07

Die GELOFTE

BY: Administrator

DIE GELOFTE

HIER STAAN ONS VOOR DIE HEILIGE GOD VAN HEMEL EN AARDE

OM ’N GELOFTE AANHOM TE DOEN,

DAT AS HY ONS SAL BESKERM

EN ONS VYAND IN ONS HAND SAL GEE,

ONS DIE DAG EN DATUM ELKE JAAR AS DANKDAG

SOOS ’N SABBAT SAL DEURBRING,

EN DAT ONS ’N HUIS TOT SY EER SAL OPRIG WAAR DIT HOM BEHAAG,

EN DAT ONS OOK AAN ONS KINDERS SAL SÊ DAT HULLE MET ONS DAARIN MOET DEEL

TOT NAGEDAGTENIS OOK VIR DIE OPKOMENDE GESLAGTE.

WANT DIE EER VAN SY NAAM

SAL VERHEERLIK WORD

DEUR DIE ROEM EN DIE EER VAN OORWINNING AAN HOM TE GEE.

 
Nuus

Jongste Nuus

Laas Opdateer op Dinsdag, 17 Desember 2013 08:06

Die “Ons” van die Gelofte

FH van der Merwe

Die Gelofte van 16 Desember 1838 begin met die woorde: “Hier staan ons op die oomblik voor die lewende God van hemel en aarde om aan Hom `n Gelofte te doen”. Wie is hierdie “ ons“? Die 463 man het uiteraard ook gepraat namens die Trekkers van hul groep by Sooilaer. Maar die trefwydte van die gelofte was veel wyer. Die geskiedenis het die gelofte in `n historiese ruimte geplaas wat kennelik nie deur mensehande gemaak is nie. Andries Pretorius en Sarel Cilliers het hul beperkte gedagtes oor die saak gehad. Die mens die wik maar God beskik.

Nuus

Jongste Nuus

Laas Opdateer op Saterdag, 11 Desember 2010 16:33

Voorwoord

BY: Administrator

Welkom by geloftedag.co.za! Op die stadium is die doel van hierdie webbladsy om huidige inligting rondom die beskikbare geloftefeeste, beskikbaar te stel. Indien u opsoek is na 'n geloftefees in u kontrei, kliek hier.

Indien u weet van 'n geloftefees wat nie hier gelys is nie of inligting wat gewysig moet word, epos dit asseblief aan my deur van die "Lys u Fees" skakel gebruik te maak. In die meeste dorpe word daar oor die algemeen ook in een van die 3 susterskerke 'n geloftediens gehou. Vir moontlike kontak nommers kan u van die Hervormde Kerk, NG Kerk of Geroformeerde Kerk se webtuistes gebruik maak.

Verder kan u ook op die Bloedrivier gelofte herdenkingskomitee se webtuiste die meeste van die geloftefeeste se kontakbesonderhede kry.

Ek hoop u vind die inligting hierop waardevol en is van plan om die webtuiste meer opwindend te maak....!

 

 
Share to Facebook Share to Twitter Share to Linkedin Share to Myspace Share to Google 
U gevoel omtrent Geloftedag

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , sieuthismartphone.vn , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,